Laerskool Rachel de Beer het op 21 Jan 1947 amptelik begin met 403 leerders. Die skool het eers as Wolmerskool bekend gestaan met die leuse Dien en Lewe. Mnr DHP du Toit was die eerste hoof en daar was nog 11 ander personeellede.

Vandag staan die skool as Laerskool Rachel de Beer bekend met die leuse Dien in Liefde. Dit is ñ parallelmedium skool met 60 personeellede/werkers en sowat 1400 leerders. Mnr H Holtzhausen is tans die hoof.